Stem nou!

November 1, 2009 deur MaanKind

Stem asseblief vir Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009!

• Dit moet JOU gunsteling boeke wees, nie dié wat jy dink gaan reg lyk op so ‘n lys nie.
• Stem asseblief vir die spesifieke boeke, nie omdat jy oor die algemeen van die skrywer hou nie.
• Jy kan vir soveel boeke stem as wat jy wil, maar jy kan net een maal stem
Daar is twee dele, stem asseblief in al twee. Dan is daar ook ‘n paar laat nominsies in Deel 3.
• As daar ‘n gunsteling boek is wat jy wil byvoeg, doen dit by OTHER, dit sal tel as ‘n stem.
• As jy eers op VOTE geklik het, kan jy nie weer teruggaan nie, maar dus seker van jou keuses.
• Al lyk dit of jy meer as een keer kan stem, word net jou eerste keer getel deur die program. Stembus sluit op 21 November 2009 om 20:00
• Dankie vir jou deelname – JOU stem tel!

Klik op VOTE om die eerste gedeelte te voltooi. Gaan nou aan met Deel 2.

Klik op VOTE om die tweede gedeelte te voltooi. Stem ook asseblief laastens in deel 3 vir enkele laat nominasies.

Baie dankie vir jou deelname! Dankie dat jy help om Boekemakranka se Top 100 Afrikaanse Leeslys vir 2009 saam te stel. Vra gerus jou vriende wat ook jou passie vir boeke deel om te kom stem.

As jy nog nie ‘n lid is van Boekemakranka nie, gaan sluit sommer vandag aan.

Bestel vandag nog ‘n boek van Kalahari af. Onthou ook dat hulle boeke as geskenke sommer by die gelukkige ontvanger aflewer. Kersfees is om die draai, en aan watter beter geskenk as ‘n boek kan jy dink?

Bestel nou ‘n boek van Kalahari

December 7, 2008 deur MaanKind

Ek wil julle almal asseblief vra, as julle boeke by Kalahari wil bestel, doen dit tog maar van die skakel hieronder.

Ek is ‘n ‘Affiliated Partner’ by Kalahari, en kry ‘n (baie klein, maar darem) kommissie op elke bestelling wat van hier af skakel. Dit help om darem nou en dan ‘n ekstra gig by te koop, vir al die bandwydte wat ek gebruik.

Dankie, ek wéét sommer julle gaan almal boeke vir julle mense vir daardie spesiale geleenthede koop! Onthou Kalahari het ook ‘n gratis geskenkdiens, hulle draai toe, sluit jou boodskap in en lewer af by die gelukkige ontvanger.

Bestel vandag ‘n boek van Kalahari